Western Cape: +27 (0)21 914 0513 | Gauteng: +27 (0)12 035 1177
Office Hours: Mon-Thurs: 8h00 - 16h30 | Fri: 8h00 - 16h00

Albert van Zyl

Albert van Zyl

Albert van Zyl

Attorney & Director: Western Cape & Gauteng
Afrikaans

Albert het sy LL.B graad verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch in 2009. In 2010 het hy met sy leerklerkskap by ‘n firma in die noordelike voorstede van Kaapstad begin en is in 2012 as prokureur toegelaat met verskyningsreg in die Wes-Kaapse Hoë Hof.

 

Voordat hy in 2013 by GVS aangesluit het, het hy by sy vorige firma as kommersiële prokureur gewerk met die klem op kommersiële geskilbeslegting. Sedert hy in 2012 as prokureur toegelaat is, het Albert gewerk en gefokus op die korporatiewe en kommersiële sfere van die reg.

 

Gedurende Maart 2017 het Albert ‘n direkteur van GVS geword en speel hy sedertdien ‘n belangrike rol in die firma se uitvoerende komitee.

 

As Albert nie kwaliteit tyd saam met sy gesin, naamlik sy vrou en twee dogters, spandeer nie, geniet hy graag tyd in die buitelug terwyl hy bergfietsry.

 

Sy leuse in die lewe is gebaseer op die woorde van Lucille Ball, wat sê:

 

As jy iets wil doen, vra ‘n besige persoon om dit te doen. Hoe meer dinge jy doen, hoe meer kan jy doen.

English

Albert obtained the degree LL.B from the University of Stellenbosch in 2009. In 2010, he commenced articles with a firm in the Northern suburbs of Cape Town and was admitted as an attorney in 2012 with the right to appear in the Western Cape High Court.

 

Before joining GVS in 2013, Albert practised at his previous firm as a commercial attorney with emphasis on Commercial Dispute Resolution. Since being admitted as an Attorney in 2012, Albert has worked and focused on the Corporate and Commercial spheres of the law.

 

During March 2017 Albert became a director at GVS and ever since has played a crucial role in the firm’s executive committee.

 

If Albert is not spending quality time with his family, namely his wife and two daughters, he enjoys spending time outdoors while mountain biking.

 

His motto in life is based on the words of Lucille Ball, who said:

 

If you want something done, ask a busy person to do it. The more things you do, the more you can do.